Lesotho-burger, Moleboheng Mofokeng, wag angstig op haar man en swaer se terugkeer, nadat hulle in ‘n mynskag by Stilfontein in Noordwes, saam met duisende ander onwettige mynwerkers vasgevang is.
Terwyl sy bid vir hul veilige terugkeer, het die Minister van die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, aangekondig dat onwettige mynwerkers nie hulp van die regering sal ontvang nie, en hulle as “misdadigers” bestempel.
LEES MEER: Debatte oor onwettige mynwerkers woed oor Suid Afrika
News24 berig Mofokeng se man, Moseki, en sy broer werk reeds tien jaar lank as onwettige mynwerkers om hul families te onderhou.
Sy het hulle vier maande laas gesien en sê haar man is nie ‘n misdadiger nie, maar ‘n versorger. Sy voel haar man het niks verkeerd gedoen nie, behalwe om te werk om vir hul kinders te sorg.