‘n 46-jarige man is gister naby Hennenman in die Vrystaat weens vermeende veediefstal vasgetrek.

Die verdagte, wie glo ook onwettig in die land is, het 14 beeste by hom gehad toe die polisie hom vastrek.

Die beeste, met ‘n geldwaarde van ongeveer R280 000, is kort voor sy inhegtenisneming, as gesteel by die polisie aangemeld.

Rosestad-nuus het vroeër berig vee ter waarde van meer as ‘n miljard rand, word jaarliks in die Vrystaat gesteel.

Dit luidens ‘n verklaring van doktor Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat. Misdaadstatistieke van die vorige misdaad-jaar toon dat bykans 27 000 veediefstalsake toe in die land aangemeld is, waarvan drie-duisend in die Vrystaat.

Slegs 1 000 van hierdie sake was in daardie stadium opgelos.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×