’n Veelparty-span is gestig om die knelpunte van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette, ook bekend as die Bela-wet uit te stryk.
Cyril Ramaphosa het in September terwyl hy die wet onderteken het twee omstrede klousules vir drie maande uitgestel om verdere konsultasies daaroor moontlik te maak.
Byna die helfte van die konsultasietyd het verbygegaan, wat die regering van nasionale eenheid nou onder druk plaas om die dooiepunt op te los.
Verskeie partye van die regering was van die begin af teen klousules wat verband hou met die toelatings- en taalbeleide van skole gekant.
Intussen gaan die Solidariteit beweging volgende week saam met verskeie ander groepe en organisasies met hul beplande optog teen die wet voort.