Die Suid-Afrikaanse taksidermie-gemeenskap is uiters bekommerd oor die gevolge van ʼn verbod op die invoer van jagtrofeë na Brittanje vir dié gespesialiseerde bedryf kan inhou.
Maroela Media berig Pieter Swart, ʼn taksidermis en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Taksidermie‐ en Leerlooiery-vereniging, het gesê die wetgewing kan werksverliese by top‐ internasionale jagbestemmings in Suider-Afrika beteken.
Die Britse wetgewing, wat die invoer van jagtrofees van onder meer leeus, renosters en olifante na Brittanje verban en daarop gemik is om bedreigde diere te help beskerm, is in Maart in Brittanje goedgekeur.
Soortgelyke wetsontwerpe word nou ook in ander lande oorweeg.
’n 2018-studie wys dat trofeejag jaarliks meer as R4 miljard tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bydra.
Dit ondersteun ook nagenoeg 17 000 werksgeleenthede.