’n Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n Bloemfonteinse onderwyser.

Wyle Themba Mabindisa, ‘n 62-jarige onderwyser en departementshoof van Christian Brothers’ College, is die naweek dood nadat die
verdagte glo verskeie kere met ‘n motor oor hom gery het.

Netwerk24 berig die vermoede betaan dat die moordverdagte ‘n werker is wat vroeër deur Mabindisa aangestel is vir die bou van ‘n afdak.

Die 26-jarige verdagte sal na verwagting vandag op aanklagte van motorkaping en moord in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×