Die Welkom-polisie in die Vrystaat het ‘n 39-jarige verdagte in hegtenis geneem vir die besit en handel van dwelms. Hy is in hegtenis geneem nadat die polisie hom genader het en dwelms naby sy voertuig gevind het. Hulle het verskeie tipes dwelms gevind. ‘n Polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli sê die verdagte sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×