Die eerste verdagte in die moord wat Mandaag in 2de Laan gepleeg is, is in hegtenis geneem.

Rosestad-nuus het vroeër die week berig dat die liggaam van ‘n ongeidentifiseerde vermoorde man in die oop parkeerplek tussen Kellner- en Zastron Straat, in Westdene in Bloemfontein gevind is.

LEES MEER: Vermoorde se liggaam in Westdene gevind

Volgens bewering was daar ’n man, vermoedelik sy vriend, saam met oorledene voor die noodlottige aanranding wat die aanval vrygespring het. Die polisie versoek dat hy Kaptein David Ramasoala kontak met meer besonderhede en sodat hulle die oorledene kan identifiseer. Sy nommer is 082 468 1624.

Daar word verwag dat die polisie binnekort nog verdagtes in hegtenis sal neem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×