Die polisie het ’n manlike verdagte in hegtenis geneem ná die beweerde verkragting van ’n minderjarige kind in Bronville, Welkom.
Volgens ’n polisieverklaring het die ma van die slagoffer na die plaaslike taxistaanplek gestap en haar twee seuns in haar kêrel se sorg gelaat.
By haar terugkeer kon sy nie haar een seun opspoor nie.
Sy en haar kêrel het na die kind gesoek en hom uiteindelik by sy tante gekry.
Daar is sy ingelig dat haar seun moontlik verkrag is.
Die voorval is by die polisie aangemeld, en ’n saak van verkragting is geregistreer.
Die verdagte is opgespoor en vir verkragting in hegtenis geneem.
Hy sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.