Sekondes nadat Thabo Chele in die hof op aanklag van bedrog verskyn het, is hy weer in hegtenis geneem, ná hy glo ‘n Vrystaatse vrou uit R750 000 bedrieg het.
Luidens Sowetan Live is Thabo Chele na bewering die pa van die kastige dokter Kingsley Chele.
Die twee het glo saamgesweer om hul slagoffers uit meer as R1,2 miljoen te bedrieg vir ‘n apteek wat nie bestaan nie.
Sowetan Live het vroeër berig hoe ‘n verpleegster vertel dat sy ‘n slagoffer van ‘n romantiese bedrogspul geraak het, en vir Chele binne drie maande meer as R200 000 gegee het om sy beweerde besigheid te red en om glo ‘n apteek oop te maak.
Nog ‘n slagoffer het glo ook vir Chele R50 000 gegee en het ook bygevoeg dat hulle in ‘n romantiese verhouding betrokke was.