Die polisie in die Vrystaat het neem ʼn man in hegtenis wat glo sy 37-jarige meisie in Qwaqwa vermoor het.
Hy het na bewering haar liggaam in ‘n kruiwa gelaai en haar naby ‘n reservoir gestort.
Dit kom nadat die polisie op 19 Januarie haar ontbinde liggaam ontdek het.
Die broer van die oorledene het haar as sy suster uitgeken.
Sy is op 11 Januarie 2025 laas gesien saam met haar kêrel.
Die kêrel is aan die familie bekend.
Die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem.
Hy het op 21 Januarie 2025 in die Makwane-landdroshof verskyn op aanklag van moord.