Die verdagte wat in Bloemfontein in hegtenis geneem is, twee jaar ná dominees Liezel de Jager se wurgdood in Amanzimtoti, verskyn vandag op aanklag van moord in die Durbanse landdroshof.
Netwerk24 berig by monde van Ian Cameron van Action Society, is die verdagte sedert die begin van die ondersoek ’n persoon van belang, en is glo ook aan die familie bekend.
Die 38-jarige De Jager se liggaam is op 13 Oktober 2021 in die oprit van die pastorie gevind.
Sy was ’n leraar van die NG kerk Suidkus op Amanzimtoti.