“‘n Verdere 1 729 nuwe Covid19-gevalle is die afgelope 24 uur aangeteken”

Die departement van Gesondheid sê ‘n verdere 1 729 nuwe Covid19-gevalle is die afgelope 24 uur aangeteken.

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize sê in ‘n verklaring 17 269 toetse is in die tydperk gedoen.

Die totale dodetal het tot 19 951 gestyg nadat 106 nuwe sterfgevalle aangemeld is.

12 van KwaZulu Natal, 24 uit Oos-Kaap, 15 uit die Vrystaat, 33 van Noordwes, 7 van Gauteng af en 15 uit Wes-Kaap.

Die herstelkoers is 92%.

Luister na potgooie hieronder