‘n Verdere 2 382 nuwe Covid-19-infeksies aangemeld

‘n Verdere 2 382 nuwe Covid-19-infeksies is in die jongste verslagperiode in die land aangemeld. Dit bring die die totaal sedert die eerste gevalle in Maart verlede jaar bevestig is, op meer as 1 490 000 te staan. In dieselfde tyd is nog 151 mense is weens die virus oorlede. 52 sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld, 39 in KwaZulu-Natal en 29 in Gauteng. Die totale sterftesyfer is nou 47 821. Daar is op die oomblik meer as 56 000 aktiewe gevalle in die land waarvan amper 19 000 in KwaZulu-Natal is.

Luister na potgooie hieronder