‘n Verdere styging in die brandstofprys word verwag

Motoriste kan aan die begin van September ‘n verdere styging in die brandstofprys verwag.

Eienaars van dieselvoertuie mag dalk minder opdok.

Volgens die Automobiel-Assosiasie, oftewel AA, dui die petrolprysdata, wat deur die Sentrale Energiefonds verskaf word, aan, dat alle grade petrol met 4-sent per liter kan styg, terwyl diesel dalk met 16-sent per liter, en paraffien met 10-sent per liter kan daal.

Die AA het aan Maroela Media gesê dat die prysveranderings grotendeels aan dalings in die petroleumpryse toegeskryf kan word.

Luister na potgooie hieronder