‘n Vergadering vir die aanskaffing van ‘n entstof na bewering gekanseleer

 Volgens gesondheidsamptenare is ‘n vergadering met die internasionale farmaseutiese maatskappy, Johnson & Johnson, vir die aanskaffing van entstowwe gekanselleer. Die Gesondheidsministerie het die bewerings in ‘n verklaring ontken.  Intussen probeer die President, Cyril Ramaphosa om die verwarring rondom die regering se hantering van die aankope van coronavirus-entstof op te klaar.

Dit volg glo nadat die maatskappy amptenare in Augustus verlede jaar gekontak het om die aankope te bespreek van sy Covid-19 entstofkandidaat wat plaaslik vervaardig en getoets is. ‘n Entstof word later vandeesmaand en in Februarie uit Indië verwag. Intussen vergader die coronavirusbevelsraad vandag weer met gesondheids LUR’e voordat die Vlak-3 van inperkingsregulasies op 15 Januarie hersien sal word. Die infeksiesyfer staan tans op 1,214,176. Sterftes het met 399 gestyg.  President Ramaphosa sê dit is uiters kommerwekkend dat ‘n nuwe variant van die virus hoogs aansteeklik is.

Luister na potgooie hieronder