‘n Verhoging van bykans 24% in kragtariewe wag op inwoners van die Mangaung Metro

‘n Verhoging van bykans 24% in kragtariewe wag op die inwoners van die Mangaung Metro, wat Bloemfontein, Soutpan, Dewetsdorp, Wepener, Thaba Nchu en Botshabelo insluit, wanneer hulle vanaf Donderdag 1 Julie krag aankoop.

Netwerk24 berig dat die kategorieë waarvolgens tariewe vir huishoudelike verbruikers gehef word verander.

Die tarief vir die verbruik van 1 tot 350 eenhede is nou 1 tot 150 eenhede, en die tarief vir die verbruik van 351 eenhede en meer, begin reeds vanaf 151 eenhede.

Verbruikers sal dus vanaf 1 Julie 23,78% meer vir elektrisiteit betaal.

Volgens DA-raadslid, Hans Britz, was die radikale verandering in die tarief-groepe nie deel van die openbarekonsultasieproses nie, en geen verduideliking is gebied vir die veranderings nie.

Luister na potgooie hieronder