Suid-Afrika se minimumloon kan volgende jaar opwaarts tot amper R28 aangepas word.

Die huidige minimumloon van R23,42, wat begin Maart in werking getree het, het toe reeds die gevaarligte oor werkloosheid, en selfs voedselsekerheid, laat flikker.

Die landbouvereniging, TLU SA, meen die regering het tred met die tyd verloor, en dat hy werkgewers blatant uitbuit. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, het vroeër vanjaar gesê enige stygende koste, plaas die land se boere verder onder druk.

Daar word verwag dat duisende werkers, oor alle sektore heen, hul inkomste kwyt kan wees, wanneer dit onmoontlik vir werkgewers raak om loonverhogings te bekostig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×