Dit lyk na ‘n uitgemaak saak dat die ANC se steun kan tuimel met die grootste stempersentasie tot nog toe, maar die perfekte storm sal nodig wees om die steun tot lag in die 40% af te druk. Netwerk 24 berig dit is volgens ‘n voorspelling van Wayne Sussman, ‘n verkiesingsontleder van die eNCA-markdata meningspeiling.

Sussman sê vir dit om te gebeur, sal die ANC meeste van sy steun in KwaZulu-Natal moet verloor en sy steun sal in Gauteng skerp moet afneem. Die twee provinsies huisves saam 45% van Suid-Afrika se kiesers. Sussman meen die ANC sal tussen 47% en 48% in die nasionale verkiesing behaal.

Intussen sê die regerende ANC hulle bespreek nie die potensiaal om ‘n koalisieregering met enige ander politieke party te vorm nie. Verkiesingspeilings en politieke ontleders voorspel dat die ANC ná die verkiesing ’n koalisievennoot sal benodig om die land te regeer. Die ANC sê egter hulle is vol vertroue dat hul die meerderheid stemme sal kry wat hul benodig. Die uitslag van die verkiesing sal na verwagting ‘n impak op die land se sosio-ekonomiese toestande hê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×