‘n 35-jarige man is gister skuldig bevind aan verkragting in die Kroonstad landdroshof en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy is ook 5-jaar tronkstraf vir ontvoering opgelê. Die polisie se woordvoerder, sersant Josephine Rani, het in ‘n verklaring gesê Tshwanelo Joseph Lepota is skuldig bevind na ‘n voorval op 19 April 2022 toe sy slagoffer by ‘n taxi ingeklim het wat haar dorp toe sou neem. Die bestuurder, bekend as Selolo, het oppad afgedraai en na sy huis in die Koekoe uitbreiding gery waar hy die vrou met die dood gedreig het. Lepota het haar in sy huis ingedwing en haar verkrag. Die vrou het ‘n klag by die polisie gelê en die verdagte is in hegtenis geneem en suksesvol vervolg, het Rani gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×