Die Bloemsec-span is vroeër die maand na ‘n rooftog in Generaal Dan Pienaar-rylaan uitgestuur. Na dié rooftog is daar verskeie vulstasie regoor Bloemfontein, deur ‘n groep verdagtes met dieselfde beskrywing, beroof.

Bloemsec se Rapid Response-eenheid het aan Rosestad Nuus gesê dat hulle op die uitkyk was vir ‘n wit Toyota Tazz wat by die vulstasie se rooftogte betrokke kon wees, en dat terwyl hulle met misdaadvoorkomings-patrollies besig was, hulle ‘n verdagte voertuig gewaar het.

Die span het met die hulp van die Nasionale Verkeerspolisie die voertuig afgetrek. Een verdagte is inhegteis geneem en die voertuig is deursoek. Die saak word verder ondersoek en dit wil blyk of die verdagte met die vulstasie-rooftogte verbind kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×