‘n Vermeende vroulike-reeksmoordenaar se verhoor sal na verwagting opnuut moet begin. Dit nadat die aanvanklike regter hom aan die saak onttrek het. Volgens Maroela Media is Zaheera Boomgaard in 2020 in hegtenis geneem en staan tereg op 3 aanklagte van moord sowel as bedrog en diefstal.
Boomgaard het aangevoer dat sy 3 persoonlikhede het, maar haar sielkundige verslag het bevind dat daar niks met haar skort nie. Geen redes vir die regter se besluit om van die saak te onttrek is aan die hof bekend gemaak nie. En tot dat die vorige verhoor se rekord bekend gestel is, sal die nuwe regter nie aangewys kan word nie.
Na ‘n vlugtige verskyning in die Gautengse hooggeregshof in Pretoria vandag, is die saak tot volgende week uitgestel.