‘n Vermiste 17-jarige seun is ure nadat die Parkweg polisie, in Bloemfontein, die gemeenskap om help gevra het, gevind.

Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, bedank die publiek in ‘n mediaverklaring vir hul bystand.

Die seun, Darius Crowher, was laas in die Kelliesview-omgewing gesien, wat gelei het tot ‘n wydverspreide soektog deur die polisie, private sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskap.

Danksy dié pogings is hy ongedeerd in Fichardtpark gevind. Earl herinner die publiek daaraan dat daar nie ‘n wagtydperk is om ‘n vermiste persoon aan te meld nie.

Sy voeg by dit is van kardinale belang om ‘n onlangse foto van die individu te bring en hul verdwyning so gou moontlik by die naaste polisiestasie aan te meld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×