‘n Britse seun wat sedert 2017 vermis geraak het toe hy saam met sy ma en oupa verdwyn het, is die afgelope week naby Toulouse in Frankryk gevind. Sy ma en oupa was glo opsoek na blyplek vir geestelik alternatiewe leefstyle. BBC berig ‘n motoris het die seun, Alex Batty, nou 17-jaar oud, in die reën sien stap en by hom stilgehou. Alex het die motoris se selfoon gebruik om vir sy ouma in Brittanje ‘n Facebook-boodskap te stuur. Hy het vir sy ouma, Susan Caruana, gesê hy wil huis toe kom. Alex was 11-jaar oud toe hy met vakansie saam met sy ma en oupa na Spanje is. Hulle het nie voogskap van Alex nie en word steeds gesoek. Caruana is Alex se wettige voog. Alex het glo in kommunes en by geestelike plekke in die Pireneë-berge gewoon. Sy ouma het intussen met hom kontak gemaak en het volgens The Sun gesê sy is verheug.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×