Die liggaam van ‘n kleuter wat vroeër die week in die Tshwane-omgewing vermis geraak het, is gevind.
Die tweejarige seuntjie het laatmiddag in die omgewing van Elandsfontein, by ‘n rivier wat na die Hartbeespoortdam lei, vermis geraak.
IOL berig olgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Hartebeespoortdam-stasiebevelvoerder, Arthur Crewe het die gesin glo die kind laaste in die veld in die omgewing van die riviergebied naby die dam sien speel. Hulle het glo bekommerd geraak toe hy nie huistoe gekom het nie.
Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoekdossier geopen.