‘n student van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie is vermoedelik ontvoer. Ooggetuies het gesien hoe iemand ‘n jong vrou in President Brandstraat haar dra en in ‘n voertuig sit. Daar word vermoed dit is Liqhome Tshaka, ‘n 19-jarige SUT-student, wie as vermis aangemeld is toe haar ma haar nie per selfoon kon bereik nie.

Die wit Renault Sandero was ten tyde van die vermeende ontvoering naby die landdroshof geparkeer. Polisie-luitenant-kolonel Thabo Covane sê die voertuig, met ‘n onbekende aantal insittendes, het die omgewing ongeveer half twee Saterdagmiddag verlaat. Die Parkweg-polisiekantoor ondersoek die saak. Mense met inligting moet asseblief dringend met die polisie in verbinding tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×