Die liggaam van ‘n vermiste tiener is ‘n in puttoilet by Sone 5 in Selosesha, Thaba Nchu, gevind.
Luidens ‘n mediaverklaring van die polisie is die toe 19-jarige Puleng Motlodi, in Oktober 2023 as vermis aangemeld.
‘n Verdagte in die saak is opgespoor en ondervra.
Motlodi het glo dié verdagte en 3 ander in Sone 3 ontmoet waar sy ontvoer is, sy glo later in Sone 5 vermoor.
Die verdagte het die polisie na ‘n huis geneem waar klere, asook dele van die liggaam gevind is.
Hy saam met ‘n 40-jarige man wat reeds agter tralies is, sal aangekla word, en volgens Luitenant-kolonel Thabo Covane sal twee ander ook binnekort in hegtenis geneem word.