‘n Vermoorde oud-polisieman van Standerton se beendere is vermoedelik uit die staatslykshuis in Standerton gesteel

‘n Vermoorde oud-polisieman van Standerton se beendere is vermoedelik uit die staatslykshuis in Standerton gesteel.  Die 62-jarige se familie het hom laasjaar Oktober as vermis aangemeld, maar is eers byna tien dae gelede gevind, nadat sy moordenaar, ‘n 26-jarige voormalige werknemer van die oorledene, homself aan die polisie oorgegee het in verband met die moord.  Die verdagte het die polisie gaan wys waar hy die oorledene in ‘n vlak graf begrawe het.  Die oorledene se oorskot is weggestuur vir forensiese toetse, waarna die polisie die ontstellende nuus ontvang het dat die oorskot van die slagoffer gesteel is.  Maroela media berig ‘n saak van diefstal en regsverydeling word ondersoek.  Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die vermiste oorskot nie, en die polisie het gevra dat enige iemand met inligting 08600 10111 moet kontak.

Luister na potgooie hieronder