Twee seuns van 14-jaar oud is in hegtenis geneem nadat hulle uitgeken is op ‘n sosiale video terwyl hulle ‘n twaalf-jarige meisie seksueel aanrand. Polisiewoordvoerder, Kaptein Stephen Thakeng, het gesê die video is op die gronde van ‘n skool in Kgotsong geneem en versprei. Lede van die polisie se eenheid vir Gesinsgeweld en Kinderbeskerming kon die oorsprong van die video vasstel. Die dogter se ma het daarna ‘n klag by die polisie geopen. Die twee seuns is in hegtenis geneem en sal aangekla word vir verkraging, het Thakeng gesê. Die twee seuns is in die sorg van hul ouers vrygelaat en sal Maandag in die hof op Bothaville verskyn.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×