‘n Vierjarige meisietjie van Bloemfontein is dood terwyl tandheelkundiges een van haar melktandjies getrek het. Die kleuter se ma het haar vir ‘n standaard-tandekstraksie na die Botshabelo-distrikshospitaal geneem. Hier word daagliks groot sukses behaal met prosedures wat soortgelyk is aan die een waartydens die kleuter gesterf het.
Kathleen Mahlatsi, Vrystaatse LUR vir gesondheid, sê die tandheelkunde-afdeling is tydelik gesluit, terwyl elke moontlike stap geneem word om vas te stel hoe ‘n eenvoudige tandekstraksie tot die kleuter se dood kon lei.