‘n Vliegongeluk gistermiddag in Mbombela in Mpumalanga eis die lewe van een man

‘n Vliegongeluk gistermiddag in Mbombela in Mpumalanga het die lewe van een man geëis. Volgens Netcare 911 is ‘n man dood toe ‘n ligte vliegtuig by die Nelspruit vliegveld neergestort het. Die vliegtuig het in vlamme uitgebars ná dit neergesort het. Paramedici het die liggaam van die vlieënier langs die vliegtuig gevind. Die vlieënier was die enigste persoon in die vliegtuig. Die Burgerlugvaartowerheid sal ondersoek in stel om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.

Luister na potgooie hieronder