Sosiale media is aan die gons na ‘n vliegtuigdeur glo by die Twin City Mall-parkeerterrein, in Heidedal – Bloemfontein, ontdek is.
Volgens FS Online beweer ooggetuies die deur het glo Saterdagmiddag uit die lug geval en in die parkeerarea beland. Daar is geen beserings aangemeld nie.
Die Suid-Afrikaanse Lugmag was vinnig op die toneel en het glo die vliegtuigdeur as deel van hul ondersoek gekonfiskeer.
Die gebeure het die gemeenskap in skok gelaat, met baie wat wonder hoe so ‘n voorval kon plaasvind.
FS Online berig verder dat owerhede waarskynlik die saak verder sal ondersoek om die omstandighede rondom die voorval vas te stel.