Vier mense is dood en 12 ander is beseer, toe ‘n voertuig in die begrafnisstoet van Malawi se ontslape adjunkpresident, in ‘n skare mense inploeg. Massas mense het saamgedrom in ‘n poging om die doodskis van wyle Saulos Chilima te sien.

Die stoet, met burgerlike voertuie, asook dié van die weermag en polisiediens, was met sy oorskot op pad na Chilima se tuisdorp, nagenoeg 180 kilometer suid van die hoofstad Lilongwe. Die begrafnisdiens vind vandag plaas. ‘n Militêre vliegtuig, met Chilima en nog tien aan boord, het verlede Dinsdag in digte mis, in ‘n bergagtige deel van Malawi neergestort. Niemand het die vliegramp oorleef nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×