Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika, of Contralesa, reken niks behoort die Russiese president, Wladimir Poetin, keer om Suid-Afrika te besoek nie.

Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir Poetin se inhegtenisneming uitgereik vir beweerde oorlogsmisdade.

Die klagstaat hou onder meer verband met die deportasie van kinders uit Oekraïne na Rusland.

Die deportasie word as onwettig bestempel.

Poetin mag op grond van die lasbrief in boeie geslaan word indien hy enige van die 123 lande besoek wat die Rome-statuut onderteken het.

Rosestad 100.6FM-nuus het onlangs berig Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, voel Suid-Afrika moet ‘n galante gasheer vir Poetin
wees, indien hy hom dalk in Augustus hier by die Brics-beraad sou aansluit.

Intussen is die regering luidens gerugte hard aan die soek na regsadvies oor dié ingewikkelde verwikkeling.

Talle drukgroepe en politieke partye glo dit behoort voor die hand liggend te wees, dat die Internasionale Strafhof alles in die stryd behoort te werp om die internasionale reg te laat geld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×