Die vlieënier en twee passasiers het geringe beserings opgedoen toe ‘n ligte vliegtuig naby die Wonderboom-lughawe in die noorde van Pretoria neergestort het.

Nuusflits berig die woordvoerder van die  Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (ACSA), Sisa Majola, verduidelik die vliegtuig is beskadig en al drie insittendes na ‘n hospitaal vir behandeling geneem is.

Majola het verder bevestig inligting vir ‘n voorlopige verslag oor die ongeluk sal binne 30 dae bekend gemaak word.

Die nooddiens het gevorderde lewensondersteunings- en hartreaksie-eenhede gebruik om die beseerdes op die toneel te stabiliseer voordat hulle vir verdere sorg na ‘n hospitaal vervoer is

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×