‘n Voormalige adjunkhoof van die Valke is tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis

 ‘n Voormalige adjunkhoof van die Valke is tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis

Brig. Simon Madonsela, ‘n voormalige adjunkhoof van die Valke, is Dinsdag in die gespesialiseerde handelshof in Durban, tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Dit kom nadat hy skuldig bevind is aan korrupsie ter waarde van R28 000.
Netwerk24 berig dat Madonsela gevonnis is in verband met twee aanklagte van korrupsie.
Luidens hofverrigtinge het Mandonsela ‘n gesin benader en gesê hy benodig R40 000 om hulle dossier oor ‘n vermiste vrou oop te hou.
Die gesin het toe R25 000 aan Madonsela betaal en later weer R3000.
Die gesin het uiteindelik gefrustreerd geraak en ‘n klag teen Madonsela ingedien.
Madonsela sal Vrydag teen sy skuldigbevinding appelleer.

LeandreAdmin@