‘n Voormalige bestuurshoof van Eskom vandag voor Zondo-kommissie

 ‘n Voormalige bestuurshoof van Eskom vandag voor Zondo-kommissie

‘n Voormalige bestuurshoof van Eskom, Matshela Koko sal vandag weer voor die kommissie van Ondersoek na Staatskaping in Johannesburg verskyn.

Intussen het die voormalige bestuurshoof van Prasa, Lucky Montana, gister ‘n beroep op die ANC gedoen om eerlik te wees oor die party se geldinsameling.

Volgens hom was dit maklik vir die ANC om die bestuur of individue van staatsinstellings te nader vir geldelike hulp. Hy het gesê dit was ‘n lewenswyse vir die ANC.

Montana sê baie van dié geld wat namens die ANC ingesamel is, het nooit by die party uitgekom nie.

Armando