Willem Breytenbach, voormalige onderwyser en swaargewig in Suid-Afrikaanse mediakringe, is nou in pleitonderhandelinge met die staat gewikkel.

Netwerk24 berig hy staan onder meer tereg op sewe aanklagte van onsedelike aanranding en vier van seksuele aanranding.

Die eerste aanklag hou verband met ’n voorval wat na bewering in 1999 by, of naby, Grey Kollege in Bloemfontein plaasgevind het, toe Breytenbach hier onderwyser was.

Hy is in 2019 in hegtenis geneem.

Talle van die klaers was minderjarig ten tyde van die beweerde misdrywe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×