‘n Eskom-bestuurder wat in 2015 geskors is, kan moontlik binnekort aan die hoof van die sukkelende kragvoorsiener staan.
Netwerk24 berig die 50-jarige Dan Marokane, en drie ander Eskom bestuurders, is volgens hoofregter Raymond Zondo geskors om plek te maak vir mense wat na bewering met die Guptas sou saamwerk om Eskom te kaap.
Mpho Makwana, Eskom se direksie-voorsitter, het Maandag gesê die soektog na ‘n opvolger vir sy vorige hoof, André De Ruyter, is in ‘n gevorderde stadium.
Marokane het vroeër voor die staatskapings-kommissie getuig dit was pynlik om by Eskom weg te gaan, aangesien hy die korporatiewe leer by Eskom van onder af moes klim.
Marokane is ‘n chemiese ingenieur met meestersgrade in petroleum-ingenieurswese en besigheidsadministrasie.