‘n Voormalige hoof van die staat se laboratoriums verskyn in die hof

Joyce Mogale, ‘n voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens, het gister in die gespesialiseerde kommersiële strafhof verskyn, op aanklag van tenderkorrupsie van meer as R113-miljoen.

Mogale word daarvan aangekla dat sy ‘n kontrak met Blue Future Internet onderteken het vir die verskaffing, instandhouding en ondersteuning van rekenaarprogrammatuur vir ‘n tydperk van drie jaar.

Volgens ‘n verklaring van die Valke, het die laboratoriumdiens R113-miljoen aan die verskaffer betaal – meer as R87-miljoen meer as wat die kontrak werd was.

Mogale het haar gisteroggend kort voor haar hofverskyning aan die Valke oorhandig.

Sy is op bortgtog van R20 000 vrygelaat.

Die saak is uitgestel tot 17 September.

Luister na potgooie hieronder