‘n Voormalige waarnemende bestuurder van die Letsemeng munisipaliteit, Dineo Gloria Tsikang en Sebolelo Mochesane, ‘n direkteur van ‘n maatskappy wat water-opgraderings werk doen, het Dinsdag in die landdroshof op Koffiefontein in verband met ‘n tender van R38 miljoen rand verskyn. Die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie-ondersoeke het die twee vroue Maandag in hegtenis geneem. Hulle het volgens Netwerk 24 verskyn op aanklagte van korrupsie, vervalsing en die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Tsikang en Mochesane is op onderskeidelik borgtog van R50 000 en R80 000 vrygelaat. Die tender vir die werk is in 2022 geadverteer. Mochesane se maatskappy, Nkhesebo Solutions het die tender gekry met vervalste prestasiesertifikate en ‘n aanstellingsbrief. Mariska Potgieter, ‘n raadslid van Letsemeng, het gesê hulle sal elke hofverskyning bywoon om seker te maak die saak word nie onder die mat ingevee nie. Die saak is uitgestel tot 25 Maart volgende jaar vir verdere ondersoek. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×