‘n Voormalige polisiebeampte van Winburg word gesoek in verband met die moord op sy vrou. Die 41-jarige Nomathemba Sekonyela se bure het die naweek onrustig geraak toe hulle haar nie in die hande kon kry nie. Haar man, Teboho Sekonyela, wie nou die hoofverdagte in die saak is, het aan die bure gesê dat sy in Pretoria is, maar hulle het tog teen laat Sondagmiddag die polisie ontbied. Die polisie is na die huis waar hulle op haar liggaam wat in ‘n kombers toegedraai was, afgekom het. Sy het wurgmerke aan haar nek en arms gehad. Die oorledene se man was nêrens te vinde nie en die polisie is nou na hom op soek. Enigiemand met inligting word gevra om die polisie se Stopmisdaadnommer by 08 600 10 111 te bel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×