Voormalige Vrystaatse premier, Sefora Ntombela, het met die Sefora Ntombela Foundation ‘n nuwe projek begin met die bekendstelling van ‘n klerebank in Namahadi, Frankfort.
Central News berig hierdie inisiatief onderstreep haar verbintenis tot gemeenskapsondersteuning en bemagtiging, en mik veral op die verskaffing van noodsaaklike klere aan behoeftige gesinne in die area. Die organisasie is die afgelope vyf jaar by verskeie ontwikkelingsprojekte, insluitend die aanpak van kwessies soos MIV/Vigs, geslagsgebaseerde geweld en breër gemeenskapsbemagtiging, aktief betrokke.
Haar nuwe klerebank-projek is deel van die organisasie se voortdurende pogings om onmiddellike gemeenskapsbehoeftes aan te spreek, met die fokus op die verskaffing van praktiese ondersteuning aan diegene in haglike situasies.
Deur meer individue aan te moedig om klere te skenk beoog sy om die organisasie se reikwydte en impak binne die gemeenskap uit te brei, om te verseker meer gesinne trek voordeel uit die warmte en gemak van voldoende klere.