Die hoof uitvoerende beampte van Business Leadership South Africa, of BLSA, Busi Mavuso, het aan die Sunday Times gesê die probleem met Eskom is die regerende party, die ANC.
Sy het gesê die land het al die kundigheid, ervaring en kapasiteit om sake by Eskom reg te ruk, maar die besluite rakende die nutsmaatskappy word by Luthuli Huis gemaak.
Mavuso is ‘n voormalige lid van die Eskom raad en het in September 2022 bedank.
Sy het gesê hoe moeilik dit was om enige besluit te neem of deur te voer met die hoë vlakke van inmenging deur politici by die maatskappy.