Die voormalige raadslid en rekenmeester van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), Yakhe Kwinana, is terug in die Johannesburgse Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof.
Sy staan tereg op bedrogklagte wat verband hou met die onreëlmatige toekenning van ‘n ouditkontrak, wat die SAL miljoene rande gekos het.
Kwinana word daarvan beskuldig dat sy versuim het om bekend te maak dat haar maatskappy vorige kontraktuele ooreenkomste, met entiteite wat uiteindelik SAL-tenders toegeken is, gehad het.
Sy was uit op borgtog van R20 000 nadat sy haar verlede jaar aan die polisie oorgegee het.