‘n Voormalige streekkoördineerder van AfriForum in Bloemfontein is vandeesweek in die streekhof in die stad tot agt jaar tronkstraf gevonnis, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Netwerk24 berig die 36-jarige Pieter Hendrik Meyer is ook Dinsdag gelas om 720 duisend rand in maandelikse paaiemente van 12 duisend rand aan AfriForum terug te betaal. Hy is verder to 36 maande korrektiewe toesig gevonnis. Sy skuldigbevinding op aanklagte van bedrog en regsverydeling spruit uit ‘n voorval in 2018 toe hy AfriForum ingelig het dat die kameras by hul Bloemfonteinse kantoor gesteel is. ‘n Voorlopige ondersoek het daarop gedui dat Meyer, wie die kantoorbestuurder was, dalk iets met die verdwyning van die kameras te doen kon hê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×