Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, het gesterf. Die Jacob G. Zuma-stigting het haar afsterwe in ‘n mediaverklaring bevestig. Luidens die verklaring sal haar familie nie nou onderhoude aan die media toestaan nie.
Netwerk24 berig, wyle Myeni het saam met Trevor Mathenjwa, voormalige direkteur van Sondolo IT, op aanklagte van korrupsie en bedrog tereggestaan. Weens gesondheidsredes kon Myeni die laaste maande, nie haar verhore bywoon nie. Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het in April gesê die korrupsiesaak is in haar afwesigheid uitgestel, nadat haar prokureur aangedui het sy is in die hospitaal opgeneem.