‘n Voormalige Vrystaatse polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n perseel onwettig deursoek het onder die voorwendsel dat hy ‘n brigadier by die Valke is. News24 berig die twee-en-vyftig-jarige André Theron is Dinsdag deur die Valke se Ernstige Korrupsie-ondersoekspan in Bloemfontein in hegtenis geneem. Dit volg op ‘n klag wat op 11 Mei ontvang is oor ‘n man wat hom glo voorgedoen het as ‘n brigadier van die Valke en geëis het om huise in Pellissier in Bloemfontein te deursoek. Die polisie het op tien vuurwapens en ‘n ou polisie-uniform beslag gelê. Theron het Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn en bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 30 Mei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×