‘n Vorderingsverslag rondom oor die deurlopende instandhoudingswerk by die Lesotho Hoogland-waterprojek sal binnekort deurgegee word.

Die tonnel is al ’n maand, weens herstelwerk aan verslete pype en ander noodsaaklike instandhoudingstake, buite werking.

Eyewitness News berig die Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Mojadina, sal na verwagting Vrydag ‘n terreininspeksie by die tonnel in Clarence, Vrystaat doen.

Die tonnel van 38 km vervoer water van Lesotho na Suid-Afrika en voorsien water aan vyf provinsies insluitend die Vrystaat. ’n Groot instandhoudingsprojek, wat verlede maand begin het, sal daartoe lei dat die tonnel tot Maart volgende jaar buite werking sal wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×