‘n Vragmotor wat parafien vervoer het, het kort na agt-uur gisteraand op die N1 langs Langenhovenpark ontplof. Die vuur het vinnig oor die pad versprei terwyl die N1 vir ‘n tydperk aan beide kante gesluit was. Die brandweer was tot laat op die toneel. Sekuriteitsmaatskappye het inwoners wat langs die N1 woon, gevra om nie oor die heinings te kyk nie omdat die vlambaarheid van die brandstof onbeheerbaar en gevaarlik kan wees. Die bestuurder en assistent-bestuurder van die vragmotor is beseer en na ‘n hospitaal afgevoer. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die N1 was vanoggend weer gesluit vir opruimingswerk en om die wrak te verwyder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×