Hoewel die polisie in Bloemfontein gistermiddag op hoë gereedheidsgrondslag geplaas is, het Rosestad-nuus gistraand slegs een polisievoertuig, en twee beamptes gesien.

Hulle het nog teen skuins voor middernag by die Curielaan-kruising gestaan en gesels. Dit is hier waar lede van die gemeenskap Vrydag deur die polisie met ‘n skokgranaat uitmekaar gedryf is, toe hulle die Rooimiere wou keer om die Lourierpark-omgewing met trokvragte boumateriaal te verlaat.

Laasnag was daar ‘n ongekende kalmte op die munisipale grondgebied langs die Jagersfonteinpad. Geen lawaai van “shacks” wat platgeslaan word nie, want die Rooimiere – wat glo deur die Balju ontbied is – het hulle skynbaar gistermiddag uit die gebied onttrek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×